VAN MENLO NA MAP
Gisteraand het die skool die voorreg gehad om die mede-stigter van MAP Movement en Menlo-hoofmeisie van 1995, CHRISTIEN MANN (DE BEER), as gasspreker by die Verrykingsakademie-aand te kon verwelkom.
Hierdie spesiale geleenthede word as deel van die Parkies se leierontwikkelingsprogram aangebied en elke Parkie word aangemoedig om hierdie sessies by te woon.
Christien het haar eie verhaal vertel en hoe MAP Movement gebore is. Sy het ‘n sterk boodskap van nederigheid asook werksetiek aan die Parkies verduidelik en het ook lewenslesse van selfontdekking en geloof in jou eie vermoeëns gedeel.
Baie dankie vir jou tyd en insette in hierdie kinders se lewens, Christien. ‘n Groot woord van waardering gaan ook aan die skool wat hierdie platform skep en die ekstra myl vir ons Parkies loop!
Twee van Christien se Menlo-onderwysers, Hannaliza Fechter en Johan Grové, albei tans adjunkhoofde by Menlo, het self die praatjie bygewoon en was trots op hulle oud-Parkie!