Dit was vanoggend, vir die Menlobondbestuur, `n besondere voorreg om, namens al ons oud-Parkies en Vriende van Menlo, ‘n visuele tydlyn van ons pragtige skool se geskiedenis aan die skoolbestuur ter viering van 60 jaar te kon oorhandig.
Die tydlyn, wat voor in die vierkant pronk, bevat o.a. ‘n oorsig van belangrike mylpale in die skool se geskiedenis, die ontwikkeling van die skoolwapen, hoofleiers asook DUX-leerders oor die afgelope 60 jaar.
Ons is trots op ‘n ryk en diverse geskiedenis en voel bevoorreg om hierdie reuse mylpaal saam met die skool te kan vier.
Die volledige tydlyn verskyn binnekort op die Menlobond-webblad.
In die foto oorhandig die Menlobondvoorsitter, Mnr. Konrad Fleischhauer (’86), die tydlyn aan die hoof, Mnr. Schalk Reynders. Saam met hulle op die foto is (v.l.n.r) beheerliggaam-voorsitter, Mnr. Francois le Roux, Menlobond skakelbeampte, Me. Gisela Rolfes (’91) en Menlobond ondervoorsitter, Mnr. Louis Cloete.